PDA

View Full Version : Onluste op Pretoriase kampus


Administrator
20th February 2008, 11:16
Betogings by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie het die staking van klasse genoodsaak. Die Vise-kanselier, Errol Tyobeka, sê geweld kon maklik tussen die studente uitgebreek het en die veiligheid van studente en personeel is eerste prioriteit. Die studente staak oor finansiële aangeleenthede. Spanning het opgebou tussen swart en blanke studente omdat die blanke studente met die klasse wil voortgaan, terwyl swart studente die steun van die wit studente wil hê. Die president van die Suid-Afrikaanse Studente-unie, Lucky Phosa, meen die betoging het te doen met ‘n botsing tussen bevoorregte studente en minderbevoorregte studente. Daar sal tot Vrydag geen klasse wees nie.

More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1349&Itemid=77)