Administrator
10th February 2008, 12:18
'n Uitbraak van dodelike breinvliesontsteking in Burkina Faso het reeds die lewens van 149 mense geëis. Die owerhede waarsku dat 'n epidemie in die suid-weste van die land onder die bevolking maai. Sedert Januarie is 1041 gevalle aangemeld. Volgens amptelike syfers beskikbaar is 774 gevalle opgeteken en 124 sterftes. Die tipe A-meningitis is veral in Gaoua en Mangodara opgemerk. Albei gebiede grens aan die Ivoorkus. Dié siekte is uiters aansteeklik.
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1307&Itemid=77)
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1307&Itemid=77)