Administrator
6th March 2008, 08:32
Dit is met toenemende ergenis dat ek die voortdurende lawaai oor die sogenaamde Reitzhuis-walgvideo bekyk. Die reaksie op beide die Reitzhuis-voorval asook die skietery op Skielik oorskry alle perke van redelikheid en proporsionaliteit. Omdat vier blanke studente 'n video gemaak het wat kennelik in swak smaak was, maar waaraan die sogenaamde slagoffers vrywillig deelgeneem het, geen skade gely het nie en ook geen klag gaan lê het nie, raak die linkse en liberale media totaal berserk. Die reaksie in die media oorskry alle normaliteit. 'n Voorbeeld is Christi van der Westhuizen, welbekend vir haar intense haat vir haar eie volk, wat in hierdie rubriek (http://www.thoughtleader.co.za/christivanderwesthuizen/2008/03/05/you-can-take-afrikaners-out-of-apartheid-but-can-you-take-apartheid-out-of-afrikaners/) vra of mens die rassisme uit Afrikaners kan haal.
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1381&Itemid=37)
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1381&Itemid=37)