PDA

View Full Version : Ferraro beskuldig van 'rassisme'


Administrator
13th March 2008, 14:21
Die veteraanpolitikus en Clinton-ondersteuner, Geraldine Ferraro, is so pas onthef van haar ereposisie in Hillary Rodham Clinton se presidentsveldtog as gevolg van beskuldigings van rassisme. Ferraro het onlangs tydens ʼn onderhoud gesê dat Barack Obama nie in die kragmeting om die presidentskap sou geslaag het indien hy nie swart was nie. Onmiddellik na haar uitspraak is Ferraro deur die Obamakamp aangeval. Obama het gesê dat Ferraro se kommentaar “belaglik” is, en sy veldtogbeamptes het geëis dat Clinton haar bewerings verwerp. Ferraro het agterna vir Clinton per brief laat weet dat sy nie langer op haar finansiële komitee as “Erevoorsitster van New York-leierskap” sal dien nie. Sy het geskryf dat die Obamaspan “my aanval om u seer te maak”.

More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1392&Itemid=77)