Administrator
14th March 2008, 09:46
Die wanhoop styg in Nederland oor die verskeidenheid daaglikse konflikte wat aan Islam verwant is. Onophoudelike debatte volg. Op 5 Desember het die parlement die Moslemsluier in die polisie verbied, ná jare van beleid wat min of meer verdraagsaam was na gelang van die bepaalde stad. Die munisipaliteit van Amsterdam het op sy beurt geëis dat maatskaplike werkers, selfs Moslems, elke vrou op straat met die hand moet groet. Die besluit is na vele onderonsies geneem: Job Cohen, die arbeiderburgemeester van Amsterdam het aanvanklik gevind dat dit nie “onontbeerlik” is om alle hande te skud nie. Toe het verskeie arbeiderverteenwoordigers in die Slotervaartbuurt – waar baie immigrante woon – in die weste van die stad hulself begin beywer vir respek teenoor “die norme van die gasheerland”.
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1394&Itemid=77)
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1394&Itemid=77)