PDA

View Full Version : Die oue en die nuwe


Nutty Grandad
27th March 2008, 09:46
Ampie en Meraai hou vakansie, die eerste in baie jare, ek dink in 7 of 8 jaar, en Ampie is by die see, ook 'n eerste in 'n lang tyd, hy was darem laaste op die ou skippie oppie water in Meksiko. En Ampie rus, lekker man, maar hy is suur vandag, want die tyd gaan so bitter gou verby, en haas sal ek my ry moet kry, terug oor die diep blou see. En dan lees Ampie vandag se Beeld en hy wonner, wie is die slim omies en anties wat ons expats so aanvat en glo niks is verkeerd in hulle land nie.


Kyk Ampie sien dinge uit sy eie lig en dit wat ek sien is wat ek glo, en hier is baie mooi goete in die land en mense wat sommer lekker nice is, serious, Ampie het nog nie eenkeer sy moer gestrip nie, die land se mense is sommer nice met mekaar........ party......... en die ander loop en maak steeds net kak. Sekere elemente in die land sit op die lughawe en niks doen nie, terwyl daar lang rye mense staan wat deur doeane wil gaan, maar Ampie het nie kwaad geword nie, Eskom begin Maandag weer beurtkrag, terwyl sy werkers in hulle se vantjies onder die bome langs die pad sit en slaap. Ampie het dit nog nie ervaar nie en kan dus hom nie daarop uitlaat nie, maar hoop maar dit het geen effek op sy vakansie nie. Ampie moet erken sekere elemente ry soos moegoes in die strate en jy moet jou koppie mooi bymekaar vat om te oorleef, maar selfs dit het nie my moer gekoer nie.


Nee wat Ampie rus en vat die lewe soos hy kom, een dag op 'n slag. Dan kry Ampie die blye nuus, hy gaan oompie Steve ontmoet, joe he! Oompie Steve het gese hy wil Ampie sien en met hom klets. Ampie wonner of daai sleg joernalis daar gaan wees om Ampie se kuiertjie met oompie Steve op te skroef. Want Ampie gaan sy moergh ook strip en die donkie vra om die jakkalsies weg te skop, sommer ook moer toe as dit moet. Kyk Ampie gaan die meeste maak van die kuiertjie met oompie Steve. Die oompie is baie besig en het nie baie tyd nie, Ampie hoop die oompie drink darem 'n tequilatjie saam met hom, sodat Ampie allie slegte dinge kan weg ja. Ampie se donkie is gecharge, hy sal al oompie Steve se bollie see toe sleep, maar Ampie willie die see besoedel nie, so oompie Steve sal maar moet seg waar die goete afgehaak moet word. Miskien in Kakamas. Of by Deon Moos, dit rym mos. Maar Ampie gaan oompie Steve wys waar hy sy wortel moet uitgrawe. Of ingrawe. En Ampie dink dis tyd dat oompie Steve moet die leisels vat en allie slegte mense en dinge om hom begin minder maak, die lewe is te kort en oompie Steve het nie tyd om te mors met beuselagtighede nie. Joe, dis 'n groot woord.

Ampie luister vanmore so na die musieke en wonner by homselwers of daar nie iets anders in musiek kan gebeur wat die wereld in vrede sal kan dompel nie, want niemand is meer gelukkig nie, as jy so loop in die straat, sien jy min mense met mekaar lag, almal lyk vuisvoos en suur. en as jy die lag sien soos die mooi antie in die winkel op Jeffries, kan jy nie help om dit op te merk nie, sy was nou vir jou baie vriendelik, en die ander ou tannietjie wat so vriendelik geglimlag het toe Ampie iets vir Meraai vertel, kyk Ampie praat mos maar hard, want die ou ore wil nie meer nie, en die antietjie het hom seker gehoor, en die ou man wat in sy baiesukkel sit, ja wraggies, sy bene wil ok nie werk nie en Ampie sien hy het sy wiele verander sodat hy met die hande kan pedal, stroes, en die man lag hier uit toe Ampie seg ons moet onse karretjies change, Ampie wil syne vat vir 'n testdrive, annerdag miskien my lanie.

Nee wat Ampie raak sommer suur as die tyd so gou verby gaan, want te gou is dit weer terug na die harde werklikheid wat ons lewe noem, te gou terug na die soutpotte van Egipte, of dalkies Sodom en Gomorra, maar die tyd raak al hoe minder en Ampie wil die lewe nog een keer tune voor hy sy koppie vir altyd gaan neerle. Ampie wil saam met die jongetjies dans, saam met hulle lag, luister hoe hulle mekaar tune, en die lewe ten volle geniet, geen sorge van een dag nie, net plesier, so af en toe hulle ou wyntjie en baie lag, sorgeloos, jaaaaa..............



More... (http://blog.radiosuidafrika.com/2008/03/27/die-oue-en-die-nuwe.aspx)