Administrator
15th February 2008, 10:30
Vyf, ses jaar gelede het ek in Rapport geskryf dat Suid-Afrika op ʼn Zimbabwe afstuur. Destyds is sulke kommentaar honend deur Suid-Afrika se koor aartsoptimiste begroet wat my gewys het op “die beste grondwet ter wêreld”, die groeiende ekonomie, “goeie rasseverhoudinge” en dergelike meer. Toentertyd het ek soos ʼn pretbederwer gevoel deur mense te wys op die onontwykbare realiteite van transformasie en die anti-blanke ideologie wat daarmee saamhang. Tans beleef ons ʼn sentimentrevolusie in Suid-Afrika. Diegene wat vyf jaar gelede nog popelend positief was oor die wonderlike ANC-regering en Trevor Manuel se onoortreflike finansiële bestuur, is besig om al hoe meer swartgallig te raak.
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1317&Itemid=37)
More... (http://praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1317&Itemid=37)